1 Chronicles 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is; die eersgeborene Amnon, van Ahinoam, die Jisreëlitiese; die tweede Daniël, van Abigail, die Karmelitiese: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die seuns wat vir Dawid in Hebron gebore is: Die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam uit Jisreël was. Die tweede was Kilead, wie se ma Abigajil uit Karmel was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel; |
| Afrikaans 1983 | Die volgende was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die oudste was Amnon uit die Jisreëlitiese vrou Aginoam; die tweede Daniël uit die Karmelitiese vrou Abigajil; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die eersgeborene was Amnon, by Aginoam, die vrou uit Jisreël; die tweede was Daniël, by Abigajil, uit Karmel; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het ses seuns gehad wat in Hebron gebore is. Die oudste seun was Amnon. Sy ma was Aginoam van die stad Jisreël. Die tweede seun was Daniël. Sy ma was Abigajil van die stad Karmel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende seuns van Dawid is gebore toe hy nog in Hebron gewoon het: die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam van Jisreël was; die tweede was Daniël, wie se ma Abigajil van Karmel was; |