1 Chronicles 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was die volk bly omdat hulle gewillig geoffer het, omdat hulle met volkome hart gewillig aan die HERE geoffer het; en koning Dawid was ook bly met groot blydskap.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk het gejuig oor die vrywillige gawes, want hulle het vrywillig en heelhartig bygedra vir die Here. Koning Dawid was ook vol vreugde.
Afrikaans 1933/1953 En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan die HERE gegee, en ook koning Dawid was baie bly.
Afrikaans 1983 Die volk was bly oor hulle gewilligheid, want hulle het die vrywillige gawes aan die Here met hulle hele hart gegee. Koning Dawid was ook baie bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk was verheug oor die gesaghebbers se bereidwilligheid, want hulle het dit van harte vrywillig vir die Here gegee. Ook koning Dawid was besonder verheug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense was bly omdat die leiers al die goed gegee het, want al die leiers wou dit graag vir die Here gee. Koning Dawid was ook baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié volk was bly oor al die gawes, want hulle het dit vrywillig en met blydskap vir die Here gegee. Koning Dawid was ook baie bly.