1 Chronicles 29:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die by wie edelgesteentes gevind is, het dit aan die skat van die huis van die HERE gegee deur die hand van Jehiël, die Gersoniet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onder toesig van Jegiël, ’n afstammeling van Gerson, het hulle ook talle edelgesteentes bygedra vir die skatkamers van die huis van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die HERE onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet. |
| Afrikaans 1983 | Wie edelstene by hom gehad het, het dit aan die Gersoniet Jegiël gegee vir die tempelskat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wat edelstene in hulle besit gehad het, het dit gegee vir die skatkamer van die huis van die Here, onder beheer van Jegiël, die Gersoniet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat edelstene gehad het, het dit gegee vir die stoorkamers van die tempel. Jegiël van die Gerson-familie het dit daar opgepas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié wat edelstene by hulle gehad het, het dit aan Jegiël gegee vir die tempelskatte. |