1 Chronicles 29:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en hy het vir die diens van die huis van God gegee van goud vyf duisend talente en tien duisend drame en tien duisend talente silwer en agttien duisend talente van koper en honderd duisend talente yster.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die oprigting van die tempel van God het hulle gegee: byna 170 ton goud, 10 000 goue muntstukke, 340 ton silwer, 612 ton koper en 3 400 ton yster.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het gegee vir die diens van die huis van God: aan goud vyf duisend talente en tien duisend darieke; en aan silwer tien duisend talente; en aan koper agttien duisend talente; en aan yster honderd duisend talente.
Afrikaans 1983 Hulle het vir die tempeldiens honderd een en sewentig ton goud, drie honderd twee en veertig ton silwer, ses honderd en sestien ton brons en drie duisend vier honderd sewe en twintig ton yster bygedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vir die werk aan die huis van die Here in goud vyfduisend kikkar en tienduisend dariek gegee, in silwer tienduisend kikkar, in brons agttienduisend kikkar, en in yster honderdduisend kikkar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 5 000 talente goud gegee vir die werk by die tempel en ook 10 000 darieke goud, 10 000 talente silwer, 18 000 talente brons en 100 000 talente yster.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het 171 ton goud, 342 ton silwer, 616 ton brons en 3 427 ton yster gegee.