1 Chronicles 29:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die owerstes van die vaders en owerstes van die stamme van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd saam met die owerstes van die koning se werk gewillig geoffer, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die familieleiers, die stamleiers van Israel, die generaals en kapteins van die leër en die koning se administratiewe personeel gewillig bygedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het vrywillig gegee: die familie-owerstes en die stamowerstes van Israel en die owerstes oor duisend en oor honderd en ook die owerstes oor die diens van die koning. |
| Afrikaans 1983 | Die familiehoofde, die stamhoofde van Israel, die aanvoerders van duisend en van honderd, en die amptenare in beheer van die koning se dienste was almal gewillig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die leiers van die families, die leiers van die stamme van Israel, die •aanvoerders van duisend en van honderd en die toesighouers in diens van die koning, vrywillige gawes gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die familiehoofde wou graag iets gee, en ook die stamhoofde, die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, en die amptenare wat die werk vir die koning moes laat doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die familiehoofde, die leiers van die stamme van Israel, die hoër en laer offisiere, en die verskillende amptenare van die koning was dadelik bereid om ook by te dra. |