1 Chronicles 29:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goud vir goue dinge en die silwer vir silwergoed en vir allerhande werk wat deur die hande van kunsmanne gemaak moet word. En wie is dan bereid om sy diens vandag aan die HERE te wy?
Afrikaans (NLV) 2011 en vir die ander werk van goud en silwer wat die ambagsmanne moet maak. Wie gaan my voorbeeld volg? Wie is gewillig om vandag geskenke vir die Here te bring?”
Afrikaans 1933/1953 goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die HERE?
Afrikaans 1983 en om die goud vir die goudwerk en die silwer vir die silwerwerk te voorsien, en vir al die werk wat deur die vakmanne gedoen moet word. Wie is nog gewillig om vandag sy hand oop te maak met 'n gawe aan die Here?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) goud vir die goue voorwerpe en silwer vir die silwervoorwerpe, en vir al die werk deur die hand van vakmanne. Wie is bereid om hom vandag so aan die Here toe te wy?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en vir die werk wat die ambagsmanne moet doen, hulle moet die goue goed en die silwergoed daarvan maak. En nou vra ek, wie van julle wil nou iets vir die Here gee?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en vir die ander goud- en silwerwerk wat gedoen moet word. Wie is nog bereid om iets vir die Here te gee?”