1 Chronicles 29:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) selfs drie duisend talente goud, van die goud van Ofir, en sewe duisend talente gesuiwerde silwer, om die mure van die huise mee oor te trek;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gee nou meer as 102 ton goud van Ofir en meer as 238 ton gesuiwerde silwer om die mure van die geboue oor te trek
Afrikaans 1933/1953 drie duisend talente goud, uit goud van Ofir, en sewe duisend talente gelouterde silwer om daarmee die mure van die geboue oor te trek;
Afrikaans 1983 honderd en drie ton goud, van Ofir se goud, en twee honderd en veertig ton gesuiwerde silwer om die mure van die vertrekke oor te trek
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) drieduisend kikkar goud, van die goud van Ofir, en seweduisend kikkar gesuiwerde silwer vir die bedekking van die vertrekke se mure –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is 3 000 talente goud, goud uit die land Ofir, en 7 000 talente silwer. Julle moet dit gebruik om die mure van die geboue toe te maak,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gee 103 ton van Ofir se goud en 240 ton suiwer silwer om die kamers se mure mee oor te trek