1 Chronicles 29:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met al sy heerskappy en sy mag en die tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie verslae sluit al die magtige dade van sy regering in en alles wat met hom en Israel en die omliggende volke gebeur het.
Afrikaans 1933/1953 saam met sy hele koningskap en sy heldedade en die tye wat oor hom en oor Israel en oor al die koninkryke van die lande heengegaan het.
Afrikaans 1983 alles oor sy regering, sy heldedade en die tye wat oor hom, oor Israel en oor die koninkryke van die aarde heen gegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) met 'n weergawe van sy hele koningskap en sy magtige dade; en ook die lotgevalle wat hom en Israel en al die koninkryke van die aarde oorgekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het geskryf wat Dawid gedoen het toe hy koning was, watter groot dinge hy gedoen het en wat alles gebeur het met hom en met die Israeliete en met die ander lande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie geskrifte beskryf sy magtige dade toe hy koning was. Dit handel oor alles wat met hom en met Israel en met die koninkryke rondom hulle gebeur het.