1 Chronicles 29:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder, omdat ek my geneentheid aan die huis van my God gerig het, het ek uit my eie goed, van goud en silwer, wat ek aan die huis van my God gegee het, bo en behalwe alles wat ek vir die heilige berei het. Huis,
Afrikaans (NLV) 2011 “Omdat die tempel van my God my na aan die hart lê, gee ek al my persoonlike skatte van goud en silwer om met die konstruksie daarvan te help. Dit is buiten die boumateriaal wat ek reeds bymekaargemaak het vir sy heilige tempel.
Afrikaans 1933/1953 Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het:
Afrikaans 1983 Omdat die huis van my God my na aan die hart lê, skenk ek ook nog my besit aan goud en silwer bo en behalwe alles wat ek reeds vir die heiligdom gereedgebring het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Buitendien, uit toegeneentheid teenoor die huis van my God het ek dit wat ek persoonlik besit aan goud en silwer, vir die huis van my God gegee, bo en behalwe alles wat ek vir die •heilige •tempel gereedgekry het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek gee ook al die goud en silwer wat ek het vir die tempel van my God, ek wil dit graag doen vir die tempel van my God. Ek gee dit saam met alles wat ek al klaar gereedgemaak het vir die gewyde gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat die huis van my God vir my so belangrik is, gee ek ook al die goud en silwer wat ek het om die bouwerk moontlik te maak.