1 Chronicles 29:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesterwe in goeie ouderdom, vol dae, rykdom en eer; en sy seun Salomo het in sy plek geregeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is op ’n ryp ouderdom dood nadat hy ’n lang lewe, rykdom en eer geniet het. Sy seun Salomo het in sy plek regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer, en sy seun Salomo het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans 1983 | Hy het op hoë ouderdom gesterf, na 'n vol lewe, ryk en geëerd. Sy seun Salomo het hom as koning opgevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ná 'n vol lewe op 'n rype ouderdom gesterf – met rykdom en aansien. Sy seun Salomo het in sy plek koning geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid was oud toe hy gesterf het. Hy het lank gelewe, hy was ryk, en mense het hom gerespekteer. Sy seun Salomo het ná hom koning geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was oud toe hy dood is, nadat hy ’n lang lewe, welvaart en eer beleef het. Toe het sy seun Salomo hom opgevolg. |