1 Chronicles 29:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het Salomo uitermate groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en aan hom so 'n koninklike majesteit gegee wat aan geen koning voor hom in Israel was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die Here het Salomo verhoog sodat die hele Israel hom bewonder het. Hy het Salomo selfs meer koninklike eer gegee as enige koning van Israel voor hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het Salomo hoë aansien in die oë van die hele Israel laat geniet en hom 'n koninklike verhewenheid geskenk wat nie een van die Israelitiese konings voor hom gehad het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Salomo buitengewone aansien gegee in die oë van die hele Israel. Hy het aan hom koninklike majesteit verleen wat geen koning oor Israel voor hom geniet het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Salomo baie belangrik gemaak, al die Israeliete het vir Salomo gerespekteer. Salomo het 'n belangriker koning geword as al die konings wat vóór hom oor Israel regeer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het Salomo as koning baie eer gegee en almal het na hom opgesien. Hy het hom meer welvarend gemaak as enige koning in Israel voor hom. |