1 Chronicles 29:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die vorste en die helde en al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die koninklike amptenare, leërbevelvoerders en selfs al Dawid se seuns het trou aan koning Salomo gesweer.
Afrikaans 1933/1953 En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.
Afrikaans 1983 Al die amptenare en die lede van die lyfwag, en ook al koning Dawid se seuns, het 'n eed van trou aan koning Salomo afgelê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die leiers en die helde, asook al die seuns van koning Dawid, het hulle aan koning Salomo onderwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die leiers en die spesiale manne en die prinse het belowe dat hulle gehoorsaam sal wees aan koning Salomo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die familiehoofde, die leiers en Dawid se ander seuns het hulle steun vir Salomo gegee.