1 Chronicles 29:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Salomo op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel het hom gehoorsaam.
Afrikaans (NLV) 2011 So het Salomo die troon in die plek van sy pa, Dawid, uit die hand van die Here ontvang. Dit het goed gegaan met hom, en die hele Israel het hom gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 So het Salomo dan op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.
Afrikaans 1983 Salomo het sy plek ingeneem op die troon van die Here as koning in die plek van sy pa. Salomo was voorspoedig en die hele Israel was hom onderdanig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het op die troon van die Here gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid. Hy was suksesvol, en die hele Israel was aan hom gehoorsaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het op die troon van die Here gaan sit om koning te wees ná sy pa Dawid. Dit het goed gegaan met Salomo, en al die Israeliete het gedoen wat hy sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het op die troon wat die Here vir Dawid gegee het, gaan sit en sy pa opgevolg. Dit het baie goed met hom gegaan en die hele Israel was getrou aan hom.