1 Chronicles 29:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het op dié dag met groot blydskap geëet en gedrink voor die aangesig van die HERE. En hulle het Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede keer koning gemaak en hom vir die HERE gesalf as hoof goewerneur en Sadok as priester. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het in die Here se teenwoordigheid feesgevier en gedrink en was daardie dag vol vreugde. Hulle het weer vir Dawid se seun Salomo gekroon as hulle nuwe koning. Hulle het hom voor die Here gesalf as hulle heerser, en vir Sadok as hulle priester. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van die HERE met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir die HERE en Sadok as priester gesalf. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het daardie dag met uitbundige vreugde geëet en gedrink voor die Here. Vir die tweede keer het hulle ook vir Salomo seun van Dawid tot koning verklaar. Hulle het hom voor die Here tot koning gesalf en vir Sadok as priester. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag het hulle met groot vreugde voor die Here geëet en gedrink. Hulle het Salomo, die seun van Dawid, 'n tweede keer as koning ingehuldig. Hulle het hom vir die Here as leier gesalf, en Sadok as priester. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was daardie dag baie bly en hulle het daar voor die Here geëet en gedrink. Hulle het die tweede maal vir Salomo seun van Dawid koning gemaak en hulle het hom gesalf om die koning te wees wat aan die Here behoort. Hulle het ook vir Sadok gesalf om die priester te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het met baie groot vreugde geëet en gedrink en geweet dat die Here daar by hulle teenwoordig is. Hulle het toe vir Salomo, Dawid se seun, vir die tweede keer as nuwe koning gekroon. Hulle het hom gesalf as hulle leier en vir Sadok as priester. |