1 Chronicles 29:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het slagoffers aan die HERE geoffer en brandoffers aan die HERE gebring, die volgende dag, duisend bulle, duisend ramme en duisend lammers met hulle drankoffers en slagoffers in menigte vir die hele Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende dag het hulle 1 000 bulle, 1 000 ramme en 1 000 lammers as brandoffers aan die Here geoffer. Hulle het ook drankoffers en baie ander offers ter wille van die hele Israel gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan die HERE geoffer en brandoffers aan die HERE gebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende dag het hulle aan die Here as brand- en ander diereoffers duisend bulle, duisend ramme en duisend lammers geoffer, saam met die drankoffers wat daarby hoort. Daar was ook nog 'n menigte offers van die hele Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende dag het hulle vir die Here offers geslag en brandoffers vir die Here gebring: 'n duisend bulle, 'n duisend ramme, 'n duisend lammers, met die bypassende •drankoffers, en met •maaltydoffers in oorvloed vir die hele Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende dag het hulle vir die Here offers gebring. Hulle het brand-offers vir die Here gebring. Hulle het 1 000 bulle, 1 000 skaap-ramme en 1 000 lammers saam met die drank-offers gebring. Al die Israeliete het ook nog baie offers gebring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende dag het hulle offerdiere geslag en ter wille van Israel brandoffers vir die Here gebring. Daar is 1 000 bulle, 1 000 ramme en 1 000 lammers geslag en drankoffers en ander soorte offers is gebring. |