1 Chronicles 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid aan die hele vergadering: Loof nou die HERE julle God. En die hele vergadering het die HERE, die God van hulle vaders, geseën en hulle hoofde neergebuig en die HERE en die koning aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Dawid vir die hele vergadering gesê: “Prys nou die Here julle God!” Die hele vergadering het toe die Here, die God van hulle voorouers, geloof. Hulle het in eerbied voor die Here en die koning gekniel.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.
Afrikaans 1983 Daarna het Dawid vir die volle vergadering gesê: “Prys nou die Here julle God.” Die volle vergadering het toe die Here die God van hulle voorvaders geprys. Daarna het hulle voor die Here en die koning gekniel en in huldebetoon neergeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Dawid vir die hele geloofsgemeenskap gesê: “Prys dan die Here julle God!” Daarop het die hele geloofsgemeenskap die Here, die God van hulle voorouers, geprys. Hulle het gekniel en in eerbied gebuig voor die Here en die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Dawid vir die hele volksvergadering gesê: “Julle moet nou julle God die Here prys.” Toe het die hele vergadering die Here, die God van hulle voorvaders, geprys. Hulle het voor die Here en voor die koning gekniel en laag gebuig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het toe vir almal wat bymekaar was, gesê: “Prys nou die Here, julle God!” Daarop het hulle almal die Here, die God van hulle voorouers, geprys en voor Hom en die koning neergebuig.