1 Chronicles 29:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou het ek met al my krag vir die huis van my God berei die goud vir dinge wat van goud gemaak moet word, en die silwer vir dinge van silwer en die koper vir dinge van koper, die yster vir dinge van yster en hout vir dinge van hout; oniksstene en stene om te sit, glinsterende stene en allerhande kleure en allerhande edelstene en marmerstene in menigte.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het elke hulpbron tot my beskikking gebruik en soveel as wat ek kon, bymekaargemaak om die tempel van my God te bou. Daarom is daar nou genoeg goud, silwer, koper, yster en hout, sowel as groot hoeveelhede oniksstene, ander kosbare stene, duur juwele en allerhande stene en marmerstene.
Afrikaans 1933/1953 En uit al my krag het ek gereed gelê vir die huis van my God: goud vir die goue en silwer vir die silwer-- en koper vir die koper--, yster vir die yster-- en hout vir die houtwerke; oniksstene en stene om in te lê, swart en veelkleurige stene, en allerhande kosbare stene en marmerstene in menigte.
Afrikaans 1983 Met alles in my vermoë het ek vir die huis van my God materiaal gereed gebring: goud vir die goudwerk, silwer vir die silwerwerk, brons vir die bronswerk, yster vir die ysterwerk, hout vir die houtwerk, oniks met die gesteentes om daarrondom in te lê, steentjies vir mosaïekwerk, allerlei edelstene en 'n groot hoeveelheid marmer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na my beste vermoë het ek vir die huis van my God voorsien: goud vir die goue, silwer vir die silwer-, brons vir die brons-, yster vir die ystervoorwerpe en hout vir die houtwerk; ook •oniksstene en •edelstene as monterings, malagiet en veelkleurige stene, allerlei kosbare stene, en stene van albaster, in oorvloed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gedoen wat ek kon doen om alles gereed te maak vir die tempel van my God: die goud, die silwer, die brons en die hout vir alles wat hulle daarvan moet maak, en ook nog oniks, edelstene om vas te sit teen die mure, klippies wat al die kleure het, en baie marmer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het alles bymekaargemaak wat nodig is vir die bou van die tempel: daar is goud, silwer, brons, yster, hout en oniks met die gesteentes om in te lê, mosaïeksteentjies vir mosaïekwerk, ’n klomp verskillende edelstene en baie marmer.