1 Chronicles 29:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te onderhou en al hierdie dinge te doen en die paleis te bou waarvoor ek voorsiening gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee my seun Salomo die heelhartige begeerte om al u bevele, gebooie en beginsels te gehoorsaam, en om hierdie tempel te bou, waarvoor ek al hierdie voorbereidings getref het.”
Afrikaans 1933/1953 en gee aan my seun Salomo 'n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.
Afrikaans 1983 Gee aan my seun Salomo dat hy met volle oorgawe u gebooie, u verordeninge, u voorskrifte sal hou, dat hy dit alles sal doen en die tempel wat ek beplan het, sal bou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gee aan my seun Salomo 'n onverdeelde hart om u gebooie, u bepalings en vaste voorskrifte, na te kom en dit alles uit te voer, en om die vesting te bou waarvoor ek voorbereidings getref het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En help my seun Salomo sodat hy met sy hele hart gehoorsaam sal wees aan u gebooie, aan alles wat U gesê het. Help hom sodat hy dit alles sal doen en sodat hy die paleis vir U sal bou, ek het alles daarvoor gereedgemaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee dat my seun Salomo hom heeltemal sal hou by u wette, reëls en voorskrifte. Gee dat hy dit alles sal doen en dat hy die tempel waarvoor ek alles voorberei het, sal bou.”