1 Chronicles 29:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE onse God, al hierdie voorraad wat ons voorberei het om vir U 'n huis vir u heilige Naam te bou, kom uit u hand en is alles aan u.
Afrikaans (NLV) 2011 “Here ons God, selfs hierdie boumateriaal wat ons ingesamel het om vir U ’n tempel te bou om u heilige Naam te eer, kom van U af. Dit behoort alles aan U!
Afrikaans 1933/1953 HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou--dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.
Afrikaans 1983 Here ons God, al hierdie goed wat ons bymekaargemaak het om 'n huis vir u heilige Naam te bou, het ons van U gekry en dit behoort aan U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here ons God, al hierdie rykdom wat ons gereedgekry het om vir U 'n huis vir u heilige Naam te bou, is uit u hand en behoort alles aan U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons God die Here, ons het al hierdie goed gereedgemaak om 'n tempel te bou vir U, die heilige God, maar al hierdie goed kom van U, alles behoort aan U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here ons God, al die goed wat ons bymekaargemaak het vir die tempel wat ons vir U wil bou, kom van U af en behoort aan U.