1 Chronicles 29:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons is vreemdelinge voor jou en bywoners, soos al ons vaders was: ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is niemand wat bly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net soos ons voorouers is ons vreemdelinge en bywoners in die land. Ons dae op die aarde gaan soos ’n skaduwee verby, sonder enige verwagting.
Afrikaans 1933/1953 Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos 'n skaduwee, en daar is geen verwagting nie.
Afrikaans 1983 Net soos al ons voorvaders is ons by U sonder reg of aanspraak. Ons tyd op aarde is soos 'n skaduwee, dit gaan verby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want •vreemdelinge is ons voor U, en bywoners, soos al ons voorouers. Soos 'n skaduwee is ons dae op die aarde, en daar is geen sekerheid nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want ons is soos ons voorvaders, ons is ook soos vreemdelinge by U. Ons is naby U omdat U sê ons mag naby U wees. Ons lewe op die aarde is soos 'n skaduwee, dit gaan gou verby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is net vir ’n kort tydjie hier op die aarde, blote besoekers soos ons voorouers voor ons. Ons tydjie op aarde is soos ’n skaduwee, dit gaan so gou verby.