1 Chronicles 29:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wie is ek, en wat is my volk, dat ons so graag so gewillig sou kan offer? want alles kom van U, en uit U eie het ons aan U gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar wie is ek tog, en wie is my volk, dat ons enigiets vir U kan gee? Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!
Afrikaans 1933/1953 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
Afrikaans 1983 want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want wie is ek, en wie is my volk, dat ons in staat is om vrywillige gawes soos hierdie te gee? Ja, van U kom alles, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wie is ek en wie is my volk wat hierdie goed vir U kan bring? Ons bring dit vir U, maar alles kom van U, en ons gee weer vir U die goed wat aan U behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want wie is ek en wie is my volk dat ons so ryk is om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af. Ons gee maar net aan U wat U vir ons gegee het.