1 Chronicles 29:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het Dawid die HERE voor die hele vergadering geseën, en Dawid het gesê: Geseënd is U, HERE, God van ons vader Israel, tot in alle ewigheid! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het die Here geprys waar die hele vergadering teenwoordig was: “O Here, God van ons voorouer Israel, mag U vir altyd geloof word! |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het 'n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: “Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het Dawid die Here ten aanskoue van die hele geloofsgemeenskap geprys. Dawid het gesê: “U moet geprys word, Here, God van ons vader Israel, van altyd af en vir ewig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het die Here geprys. Die hele volksvergadering het dit gehoor. Dawid het gesê: “Here, God van ons voorvader Israel, almal moet U prys, altyd en altyd. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het toe die Here in die teenwoordigheid van die hele vergadering geprys: “Ek loof U, Here, God van ons voorvader Israel, vir altyd en altyd. |