1 Chronicles 29:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, wat God alleen uitverkies het, is nog jonk en teer, en die werk is groot, want die paleis is nie vir mense nie, maar vir die HERE God.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Dawid het toe na die hele vergadering gedraai en vir hulle gesê: “My seun Salomo, wat God as die volgende koning verkies het, is nog maar jonk en onervare. Die werk wat vir hom wag, is groot. Want die tempel wat hy bou, is nie maar net nog ’n gebou nie. Dit is vir die Here God self!
Afrikaans 1933/1953 Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die HERE God.
Afrikaans 1983 Koning Dawid het die hele vergadering soos volg toegespreek: “My seun Salomo, die één wat deur God gekies is, is jonk en sag, maar die werk is groot. Hierdie paleis is nie vir 'n mens bedoel nie, maar vir God die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Dawid het toe vir die hele geloofsgemeenskap gesê: “My seun Salomo, die een wat God uitgekies het, is nog jonk en onervare. Die taak is omvangryk, want dit is nie vir 'n mens wat die vesting bedoel is nie, maar vir die Here God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Dawid het vir die hele volksvergadering gesê: “God het een persoon gekies om die tempel te bou, Hy het my seun Salomo gekies. Salomo is jonk en swak. Dit is 'n groot werk, want die paleis wat hy moet bou, is nie vir 'n mens nie, dit is 'n tempel vir God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Dawid het toe vir die hele vergadering gesê: “My seun Salomo, wat deur God self gekies is as volgende koning, is jonk en onervare, maar die werk is groot. Hierdie tempel is nie maar net nog ’n gebou nie. Dit word vir God die Here gebou.