1 Chronicles 28:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onderhou dan nou voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE en voor die gehoor van onse God, en soek na al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land in besit kan neem en dit as 'n erfdeel vir jou kinders vir ewig agter jou aan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom gee ek nou hierdie opdrag voor die hele Israel, die Here se gemeente, terwyl God my getuie is: ‘Wees versigtig om al die gebooie van die Here julle God te gehoorsaam sodat julle hierdie goeie land kan besit en vir julle kinders nalaat as ’n permanente besitting.’
Afrikaans 1933/1953 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
Afrikaans 1983 “Daarom gebied ek, Dawid, julle nou in teenwoordigheid van die hele Israel, die gemeente van die Here, en ten aanhore van ons God: Onderhou en ondersoek al die gebooie van die Here julle God, dat julle die goeie land kan bly besit en dit as 'n blywende erfenis aan julle kinders na julle kan nalaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Nou, met die hele Israel, die geloofsgemeenskap van die Here, as ooggetuies, en ten aanhore van ons God, gee ek opdrag, ‘Kom al die gebooie van die Here julle God na, en streef dit na, sodat julle hierdie goeie land vir altyd as 'n besitting kan behou en kan nalaat vir julle kinders ná julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet nou vir my iets belowe, hier waar die hele Israel, die volksvergadering van die Here, dit sien, hier waar ons God dit hoor. Julle moet belowe dat julle sal aanhou om alles te doen wat julle God die Here wil hê. As julle dit doen, dan sal hierdie goeie land julle land wees en julle kinders sal die land ná julle erf, vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom beveel ek julle nou hier waar die hele Israel, die Here se gemeente, teenwoordig is en waar die Here self ons getuie is: maak seker dat julle al die wette van die Here julle God uitvoer, sodat julle hierdie goeie land kan behou en dit as ’n ewige erfenis vir julle kinders kan nalaat.