1 Chronicles 28:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE, die God van Israel, het my uitverkies voor die hele huis van my vader om vir ewig koning oor Israel te wees, want Hy het Juda as owerste verkies; en van die huis van Juda, die huis van my vader; en onder die seuns van my vader het hy daarvan gehou dat ek my koning gemaak het oor die hele Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Tog het die Here, die God van Israel, my uit al my pa se familielede gekies om vir altyd koning oor Israel te wees. Hy het die stam Juda gekies om te regeer, en uit al die families van Juda het Hy my pa se familie gekies, en Hy het besluit om my uit my pa se familie koning te maak oor die hele Israel.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.
Afrikaans 1983 “Die Here die God van Israel het my bo my hele familie verkies om my lewe lank koning oor Israel te wees. Hy het Juda gekies as leidende stam, uit die huis van Juda my familie, en Hy het onder my vader se seuns aan my die voorkeur gegee om oor die hele Israel te regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die Here, die God van Israel, het my uit my hele familie gekies om vir altyd koning te wees oor Israel; want Juda het Hy as leier gekies, en uit die huis van Juda my familie. Dit het Hom behaag om, onder my vader se seuns, juis vir my koning te maak oor die hele Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, die God van Israel, het vir my uit my hele familie gekies om koning van Israel te wees so lank soos ek lewe. Hy het die Juda-stam gekies om die belangrikste stam te wees. Van die Juda-stam het Hy mý familie gekies, en van my pa se seuns het Hy vir mý gekies om koning te wees oor die hele Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar tog het die Here, die God van Israel, my uit my hele familie gekies om vir altyd Israel se koning te wees. Hy het die stam van Juda gekies om te regeer en uit die families van Juda het Hy my pa se familie gekies. Tussen al my pa se seuns het Hy my gekies om oor die hele Israel te regeer.