1 Chronicles 28:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God het vir my gesê: Jy mag vir my Naam geen huis bou nie, want jy was 'n krygsman en het bloed vergiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar God het vir my gesê: ‘Jy mag nie ’n tempel bou om my Naam te eer nie, want jy is ’n soldaat wat baie bloed vergiet het.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorloë, en jy het bloed vergiet. |
| Afrikaans 1983 | maar God het vir my gesê: ‘Jy sal nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy is 'n man van baie oorloë en jy het baie bloed vergiet.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar God het vir my gesê, ‘Jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy is 'n man van oorlog en jy het bloed vergiet.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar God het vir my gesê: ‘Jy mag nie vir My 'n tempel bou nie, want jy het oorlog gemaak en jy het mense doodgemaak.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het God vir my gesê: ‘Jy moenie ’n huis bou om my Naam te vereer nie, want jy is ’n soldaat wat baie mense doodgemaak het.’ |