1 Chronicles 28:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir sy seun Salomo: Wees sterk en vol moed en doen dit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie, totdat jy al die werk vir die diens van die huis van die HERE voltooi het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk en vol moed, en doen die werk. Moenie bang wees of moedeloos word oor die groot werk nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie. Hy sal toesien dat jy al die werk aan die tempel van die Here sal voltooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir sy seun Salomo gesê: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid vir sy seun Salomo: “Wees dapper en sterk en doen die werk! Moenie bang wees nie, en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of verlaat, totdat al die werk vir die diens in die huis van die Here afgehandel is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het ook vir sy seun Salomo gesê: “Jy moet sterk en dapper wees en jy moet die werk begin doen, jy moenie bang wees nie. Jy moet oor niks bekommerd wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie los nie, Hy sal jou help om al die werk by die tempel klaar te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wees sterk, moenie huiwer nie, maar begin die werk doen! Moenie bang wees of jou bekommer nie, want die Here God, my God, is by jou. Hy sal jou nie in die steek laat of van jou af padgee nie. Hy sal toesien dat al die werk aan sy huis reg gedoen word. |