1 Chronicles 28:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe staan koning Dawid op sy voete en sê: Luister na my, my broers en my volk! die voetbank van onse God en vir die gebou gereed gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Dawid het opgestaan en hulle toegespreek: “My broers en my volk! Dit was my begeerte om ’n huis vir die verbondsark van die Here te bou om as ’n voetbankie vir ons God te dien. Ek het voorbereidings getref om dit te bou.
Afrikaans 1933/1953 En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.
Afrikaans 1983 Toe het koning Dawid opgestaan en gesê: “My broers, my volk, luister na my! Ek was van gedagte om 'n gebou op te rig as staanplek vir die verbondsark van die Here en as rusplek vir die voete van ons God. Ek het reeds voorbereidings vir die bouwerk getref,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Dawid het regop gaan staan en gesê: “Luister na my, my broers en my volk! Ek het my voorgeneem om 'n rusplek vir die verbondsark van die Here en vir die voetbank van die voete van ons God te bou. Ek het voorbereidings getref vir die bouwerk,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Dawid het opgestaan en gesê: “My vriende en mense van my volk, luister na wat ek sê. Ek wou 'n tempel bou waar die verbondskis van die Here kan staan, die plek waarop ons God sy voete kan sit. En ek het gereedgemaak om te bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Dawid het hulle toegespreek: “My broers, my volk, luister na my! Ek wou baie graag ’n gebou opgerig het vir die verbondsark van die Here wat as ’n rusplek vir die voete kon dien vir ons God. Toe ek amper reg was om te begin bou,