1 Chronicles 28:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit alles, het Dawid gesê, het die HERE my skriftelik deur sy hand op my laat verstaan, al die werke van hierdie voorbeeld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Elke deel van hierdie plan,” het Dawid vir Salomo gesê, “is deur die hand van die Here op papier vir my gegee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit alles--al die werke van die voorbeeld--het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was. |
| Afrikaans 1983 | Dit alles, die hele uitvoering van die werk, het Dawid deur 'n openbaring van God te wete gekom en hy het dit op skrif gestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dit alles, die volledige uitvoering van die plan, is op skrif uit die hand van die Here, wat oor my was,” het Dawid gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gesê: “Alles wat ek vir julle laat skryf het, kom van die Here. Hy het duidelik vir my gesê wat julle alles moet doen en hoe julle dit moet doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het vir Salomo gesê: “Ek weet al hierdie dinge omdat die Here dit aan my bekendgemaak het. |