1 Chronicles 28:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir die reukaltaar gelouter goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa van die gérubs wat hulle vlerke uitsprei en die verbondsark van die HERE bedek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Laastens het hy ook die hoeveelheid gesuiwerde goud bepaal vir die wierookaltaar en die goue gerubs, wie se vlerke uitstrek oor die verbondsark van die Here.
Afrikaans 1933/1953 en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die HERE moet beskut.
Afrikaans 1983 oor die hoeveelheid gesuiwerde goud vir die wierookaltaar en oor die vorm van die rytuig, die gerubs van goud wat hulle vlerke moes uitsprei om die verbondsark van die Here te bedek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die plan van die altaar vir die reukwerk, van gesuiwerde goud, met sy gewig; dan ook nog die plan vir die wa – die goue gerubs wat hulle vlerke uitsprei en die verbondsark van die Here bedek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê die wierook-altaar moet van skoon goud wees, en hy het gesê hoeveel goud hulle moet gebruik. Hy het 'n plan gegee vir die waentjie waarop die goue gerubs moes staan. Die gerubs se vlerke moes oop wees en die vlerke moes die verbondskis van die Here toemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) asook die hoeveelheid gesuiwerde goud vir die wierookaltaar, en die hemelwesens van goud wat die verbondsark van die Here met hulle vlerke moes bedek.