1 Chronicles 28:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook suiwer goud vir die vleishoeke en die komme en die bekers; en vir die goue komme het hy goud in gewig vir elke kom gegee; en net so silwer in gewig vir elke silwerkom.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het ook die hoeveelheid goud bepaal vir die vurke, komme en kanne wat van suiwer goud gemaak moes word, en vir die goue bekers, en die hoeveelheid silwer vir die silwerbekers.
Afrikaans 1933/1953 en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;
Afrikaans 1983 oor die vurke, komme en kanne van suiwer goud, oor die hoeveelheid vir elke goue beker en elke silwerbeker,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die vurke, offerbakke en bekers van suiwer goud; en vir die goue bakke, met die gewig van elke bak, en die silwerbakke, met die gewig van elke bak;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het gesê hulle moet skoon goud gebruik vir die vurke, die skottels, die bekers en die goue bakke, en hy het gesê hoeveel goud hulle vir elkeen moet gebruik. Hy het ook gesê hulle moet silwer gebruik vir die silwerbakke, en hy het gesê hoeveel silwer hulle vir elkeen moet gebruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ook hoeveel goud vir die vurke, komme en kanne van suiwer goud, die hoeveelheid goud en silwer vir elke goue beker en elke silwerbeker;