1 Chronicles 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die gewig van die goue kandelaars en hulle goue lampe, volgens die gewig vir elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwer kandelaars volgens die gewig, sowel vir die kandelaar as ook vir sy lampe, volgens tot die gebruik van elke kandelaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook vir Salomo gesê watter gewig in goud nodig was vir die goue kandelare en lampe, en hoeveel silwer vir die silwerkandelare en -lampe nodig was, ooreenkomstig hoe elkeen gebruik sou word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van 'n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar; |
| Afrikaans 1983 | oor die presiese hoeveelheid vir die goue kandelaars met hulle goue lampe, die hoeveelheid wat nodig sou wees vir elke kandelaar met sy lampe, oor die silwerkandelaars, die presiese hoeveelheid vir 'n kandelaar met sy lampe al na gelang die funksie van die kandelaar, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die gewig van die goue menoras en hulle goue lampe, met die gewig van elke menora en sy lampe, en vir die silwermenoras, met die gewig van 'n menora en sy lampe ooreenkomstig die gebruik van elke menora, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gesê hoeveel elke goue lampstaander en sy lampe moet weeg, en hoeveel goud hulle daarvoor moet gebruik, hoeveel elke silwer lampstaander en sy lampe moet weeg, en hoeveel silwer hulle daarvoor moet gebruik. Hy het gesê hoe hulle elke lampstaander moet gebruik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook vir hom gesê presies hoeveel goud nodig sou wees vir die goue kandelaars met hulle goue lampe, en hoeveel silwer vir die silwerkandelaars met hulle lampe. |