1 Chronicles 28:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het van goud in gewig gegee vir goed van goud, vir alle gereedskap van allerhande diens; silwer ook vir al die gereedskap van silwer volgens gewig, vir alle gereedskap van elke soort diens; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het instruksies gegee oor hoeveel goud en silwer vir die noodsaaklike artikels gebruik moes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | aan goud, het hy gegee, volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens; |
| Afrikaans 1983 | Dawid het Salomo ook ingelig oor die presiese hoeveelheid goud wat nodig sou wees vir al die gereedskap vir elke soort diens, die presiese hoeveelheid vir al die silwergereedskap, oor al die gereedskap vir elke besondere werk, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die goud – die gewig van die goud vir al die gereedskap wat nodig was vir die verskillende dienste; en vir al die silwergereedskap volgens gewig vir al die gereedskap wat nodig was vir die verskillende dienste; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir Salomo ook gesê hoeveel goud en silwer hulle moet gebruik vir die gereedskap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het ook presies vir Salomo gesê hoeveel goud en silwer hy nodig sou hê vir al die verskillende soorte gereedskap. |