1 Chronicles 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook vir die afdelings van die priesters en die Leviete en vir al die dienswerk van die huis van die HERE en vir al die diensvoorwerpe in die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het ook vir Salomo instruksies gegee oor die dienswerk van die verskillende afdelings priesters en Leviete in die tempel van die Here. Hy het spesifikasies gegee vir die artikels in die Here se tempel wat vir aanbidding en diens gebruik moes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE; |
| Afrikaans 1983 | vir die afdelings priesters en Leviete, vir al die werk verbonde aan die diens in die huis van die Here en vir al die gereedskap wat nodig was vir dié diens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die plan vir die afdelings van die priesters en Leviete, vir al die dienswerk in die huis van die Here, en vir al die gereedskap vir die diens in die huis van die Here; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | vir die kamers van die groepe priesters en Leviete, vir al die werk in die tempel, en vir die kamers vir al die tempel-gereedskap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | tot by die plekke vir die priesters en Leviete wat in die tempel moes werk en vir al die gereedskap wat nodig kon wees vir hulle diens. |