1 Chronicles 28:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die voorbeeld van alles wat hy deur die gees gehad het, van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom, van die skatkamers van die huis van God en van die skatkamers van die heilige gawes; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en van alles wat hy in gedagte gehad het vir die voorhowe van die Here se tempel, die buitenste kamers, die skatkamers van God se tempel en die kamers vir die gewyde offers. |
| Afrikaans 1933/1953 | en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes; |
| Afrikaans 1983 | Dit was 'n model van alles wat hy hom voorgestel het: van die voorhowe van die huis van die Here en van al die kamers rondom vir die tempelskatte en die wydingsgeskenke, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die plan van alles wat hy in gedagte gehad het vir die voorhowe van die huis van die Here, vir al die vertrekke rondom, vir die voorraadkamers van die huis van God, vir die gewyde gawes se skatkamers; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was planne vir alles waaraan Dawid gedink het: planne vir die oop stukke grond by die tempel, vir al die kamers rondom die tempel, vir die stoorkamers van die tempel en die stoorkamers vir die gewyde goed, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was ’n grondplan van alles wat hy vir die tempel beplan het: van die pilaargange van die tempel, die stoorkamers vir skatte en buit wat aan die Here gewy mag word, |