1 Chronicles 28:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Pas nou op; want die HERE het jou uitverkies om 'n huis vir die heiligdom te bou; wees sterk en doen dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Neem dit nou ernstig op. Die Here het jou verkies om ’n tempel as sy heiligdom te bou. Wees sterk en doen die werk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk nou, die HERE het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit. |
| Afrikaans 1983 | Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Pak nou die werk aan en doen dit!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Besef nou dat die Here jou gekies het om 'n gebou as heiligdom op te rig. Wees moedig en doen dit!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet nou besef dat die Here vir jou gekies het om die tempel te bou wat aan Hom gewy sal wees. Jy moet sterk wees, jy moet dit doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister nou mooi: die Here het jou gekies om die tempel as heiligdom vir Hom te bou. Spring dadelik aan die werk!” |