1 Chronicles 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Dawid het al die owerstes van Israel, die owerstes van die stamme en die owerstes van die afdelings wat die koning gedien het, en die owerstes oor die duisend en die owerstes oor die honderd en die opsigters oor al die goed en besitting van die koning en van sy seuns, met die opsigters en van die helde en met al die dapper manne, tot by Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid het al die amptenare van Israel na Jerusalem toe ontbied, die stamleiers, bevelvoerders van die twaalf leërgroepe, die ander generaals en kapteins, opsigters oor die koninklike eiendom en vee, paleisamptenare, magtige manne en ander soldate in die koninkryk.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Dawid al die owerstes van Israel, die stamowerstes en die owerstes van die afdelings wat in die koning se diens was, en die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd en die owerstes oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die hofdienaars en die helde en elke dapper man in Jerusalem bymekaar laat kom.
Afrikaans 1983 Dawid het al die gesagsdraers van Israel laat bymekaarkom in Jerusalem: dié wat gesag gehad het oor die stamme, oor die afdelings in diens van die koning, oor duisend, oor honderd, oor al die koninklike besittings en vee, en verder sy seuns saam met die hoofbeamptes, die helde en al die manne van betekenis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het al die leiers van Israel in Jerusalem byeengebring: die leiers van stamme, die leiers van die afdelings wat in diens van die koning was, die •aanvoerders van duisend en die aanvoerders van honderd, die toesighouers oor al die besittings en vee van die koning en sy seuns, saam met die paleisamptenare, die helde en al die dapper krygers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het al die leiers bymekaargeroep in Jerusalem. Dit was al die leiers van Israel, die stamhoofde, die hoofde van die groepe wat vir die koning gewerk het, die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, die hoofde oor al die goed van die koning en die hoofde oor die koning en sy seuns se skape en bokke. Hy het hulle almal bymekaargeroep saam met die amptenare van die paleis en die spesiale manne van Dawid, en ook al die ander belangrike persone.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid het al die belangrike mans van Israel in Jerusalem bymekaargeroep. Dit het die leiers van die stamme, die weermagoffisiere, die toesighouers oor die koninklike eiendomme en ander belangrike mense ingesluit.