1 Chronicles 27:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is daardie Benaja, wat magtig was onder die dertig en meer as die dertig; en in sy afdeling was sy seun Ammísabad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie Benaja was in beheer van Dawid se elite militêre groep bekend as die Dertig. Sy seun, Ammisabad, was sy hoofoffisier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hierdie Benája was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie Benaja was 'n held onder die dertig, en in beheer van die dertig. Sy seun Ammisabad was in bevel van sy afdeling. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Benaja was een van die 30 spesiale manne van die koning en hy was die leier van die 30 manne. Sy seun Ammisabad was die hoof-offisier van sy groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem. |