1 Chronicles 27:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die derde leërowerste vir die derde maand was Benaja, die seun van Jójada, 'n owerpriester; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester, was bevelvoerder van die derde afdeling, wat die derde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend. |
| Afrikaans 1983 | Benaja seun van die hoëpriester Jojada was die derde leëraanvoerder, vir die derde maand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die derde aanvoerder van die leër, vir die derde maand, was Benaja, seun van Jojada, die hoëpriester. In sy afdeling was daar 24 000 man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof vir die derde maand was Benaja, seun van die priester Jojada. Daar was 24 000 manne in sy groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand. |