1 Chronicles 27:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook Jonatan, die oom van Dawid, was 'n raadgewer, 'n wyse man en 'n skrifgeleerde; en Jehiël, die seun van Hagmoni, was by die koning se seuns.
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan, Dawid se oom, was ’n wyse raadgewer vir die koning, ’n man van groot insig en ’n sekretaris. Jegiël, die Gakmoniet, was verantwoordelik vir die onderrig van die koning se seuns.
Afrikaans 1933/1953 En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.
Afrikaans 1983 Dawid se oom Jonatan die raadgewer, 'n verstandige en geleerde man, en Jegiël seun van Gakmoni het die opvoeding van die prinse waargeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan, Dawid se oom, was 'n raadgewer, 'n man met insig, en 'n sekretaris. Jegiël, seun van Gagmoni, moes die koning se seuns bystaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid se oom Jonatan was 'n raadgewer. Hy was 'n verstandige man en hy kon skryf. Jegiël seun van Gakmoni het die koning se kinders grootgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan: Dawid se oom en raadgewer, ’n baie verstandige en geleerde man; Jegiël, Gakmoni se seun: die onderwyser van die koning se kinders;