1 Chronicles 27:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sitrai, die Saroniet; en oor die beeste wat in die valleie was, was Safat, die seun van Adlai.
Afrikaans (NLV) 2011 Sitrai van Saron was in beheer van die vee op die Saronvlakte. Safat, seun van Adlai, was verantwoordelik vir die vee in die vlaktes.
Afrikaans 1933/1953 En oor die beeste wat in Saron gewei het, was Sítrai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.
Afrikaans 1983 Sitrai uit Saron was in beheer van die vee wat in Saron gewei het, en Safat seun van Adlai in beheer van die vee in die laagtes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die grootvee wat in Saron gewei het, het Sitrai, uit Saron, toesig gehou, en oor die grootvee in die valleie, Safat, seun van Adlai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sitrai van die land Saron was die hoof oor die beeste wat in Saron gewei het. Safat seun van Adlai was die hoof oor die beeste in die valleie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die toesighouer oor die vee wat in Saron gewei het, was Sitrai afkomstig uit Saron. Die toesighouer oor die vee in die valleie was Safat, Adlai se seun.