1 Chronicles 27:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die laagvlaktes was, was Baälhanan, die Gederiet, en oor die oliekelders was Joas.
Afrikaans (NLV) 2011 Baäl-Ganan van Geder was in beheer van die koning se olyfboorde en wildevyebome in die vlaktes van Juda. Joas was verantwoordelik vir die olyfolievoorrade.
Afrikaans 1933/1953 En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Baäl-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.
Afrikaans 1983 Baäl-Ganan uit Geder was in beheer van die olywe en wildevye in die Laeveld, en Joas in beheer van die olievoorrade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die olyfboorde en die wildevyebome in die Sjefela het Baäl-Ganan, uit Geder, toesig gehou, en oor die olievoorrade, Joas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baäl-Ganan van die stad Gedera was die hoof oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld was. Joas was die hoof oor die stoorkamers waar hulle die olyf-olie gebêre het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die toesighouer oor die olywe en wildevye in die Laeveld was Baäl-Ganan, afkomstig uit Geder. Die toesighouer oor die olievoorrade was Joas.