1 Chronicles 27:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En oor die wat die werk van die land vir die bewerking van die grond gedoen het, was Esri, die seun van Kelub.
Afrikaans (NLV) 2011 Esri, seun van Kelub, was in beheer van die arbeiders wat die koning se landerye bewerk het.
Afrikaans 1933/1953 En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.
Afrikaans 1983 Esri seun van Kelub was in beheer van die arbeiders op die land wat die grond bewerk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor die werkers op die platteland wat die grond bewerk het, het Esri, seun van Kelub, toesig gehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Esri seun van Kelub was die hoof oor die mense wat buite Jerusalem in die grond gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die toesighouer oor die landbouers wat die koning se lande bewerk het, was Esri, Kelub se seun.