1 Chronicles 27:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor die skatte van die koning was Asmawet, die seun van Adiël; en oor die skatkamers in die veld, in die stede en in die dorpe en in die kastele, was Jonatan, die seun van Ussia. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Asmawet, seun van Adiël, was in beheer van die tempel se skatkamers. Jonatan, seun van Ussia, was in beheer van die streke se skatkamers in al die dorpe, dorpies en vestings van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía. |
| Afrikaans 1983 | Asmawet seun van Adiël was in beheer van die skatte van die koning. Jonatan seun van Ussia was in beheer van die skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die voorrade van die koning het Asmawet, seun van Adiël, toesig gehou; en oor die voorrade op die platteland, in die dorpe, gehuggies en wagtorings het Jonatan, seun van Ussia, toesig gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Asmawet seun van Adiël was die hoof oor die koning se stoorkamers in Jerusalem. Joganan seun van Ussia was die hoof oor die stoorkamers buite Jerusalem, in die stede en die dorpe en die plekke wat hoë en sterk mure gehad het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die toesighouer oor die koning se skatte was Asmawet, Adiël se seun. Die toesighouer oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings was Jonatan, Ussia se seun. |