1 Chronicles 27:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar hy het nie klaargemaak nie, omdat daar toorn daaroor teen Israel uitgekom het; en die getal is nie in die kronieke van koning Dawid opgeteken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Joab, Seruja se seun, het met die sensus begin, maar dit nooit voltooi nie omdat die woede van God teen Israel ontbrand het. Die finale totale is nooit in koning Dawid se amptelike rekords aangeteken nie.
Afrikaans 1933/1953 Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.
Afrikaans 1983 Joab seun van Seruja het begin om 'n opname te maak, maar dit nie afgehandel nie, want daardeur het die toorn van die Here teen Israel losgebreek. Daarom is die getal nie opgeneem in koning Dawid se annale nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Joab, seun van Seruja, het hulle begin tel, maar dit nie afgehandel nie. 'n Oordeel uit toorn het Israel getref oor hierdie tellery, en die getal is toe nie opgeteken by die getal in die kronieke van koning Dawid nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Joab seun van Seruja het begin om hulle te tel, maar hy kon hulle nie klaar tel nie, want die Here het kwaad geword vir die Israeliete omdat Joab hulle getel het. Daarom is daar nie in koning Dawid se dagboek opgeskryf hoeveel manne daar was wat jonger as 20 jaar was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joab het met die sensus begin, maar dit nie klaargemaak nie, want dit het die Here se woede teen Israel laat uitbars. Daarom is die finale getal nooit in koning Dawid se boeke aangeteken nie.