1 Chronicles 27:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Dawid het die getal van hulle van twintig jaar oud en onder nie geneem nie, omdat die HERE gesê het dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre van die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid die sensus opgeneem het, het hy nie mense getel wat jonger as twintig was nie omdat die Here belowe het dat Hy Israel soveel sal maak soos die sterre aan die hemel.
Afrikaans 1933/1953 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
Afrikaans 1983 Dawid het nie 'n opgawe van die Israeliete van twintig jaar en jonger laat maak nie, want die Here het beloof om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het die getal van dié wat twintig jaar en jonger was nie in 'n lys opgeneem nie, want die Here het gesê dat Hy Israel so baie soos die sterre in die hemelruim sou maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het nie die manne wat jonger as 20 jaar was, laat tel nie, want die Here het belowe dat Hy die Israeliete so baie sal maak soos die sterre in die lug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Dawid die volkstelling gehou het, het hy nie die Israeliete wat jonger as twintig was, bygetel nie, want die Here het beloof om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.