1 Chronicles 27:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die twaalfde owerste vir die twaalfde maand was Heldai, die Netofatiet, van Otniël; en in sy afdeling was vier en twintig duisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was bevelvoerder van die twaalfde afdeling, wat die twaalfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend. |
| Afrikaans 1983 | Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, uit Netofa, uit die Otniël-familie. In sy afdeling was daar 24 000 man. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof vir die twaalfde maand was Geldai van die stad Netofa. Geldai was van die Otniël-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was in bevel van die twaalfde afdeling vir die twaalfde maand. Elkeen van hierdie afdelings was 24 000 man sterk. |