1 Chronicles 27:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die agtste owerste vir die agtste maand was Sibbegai, die Husatiet, van die Sargiete; en in sy afdeling was vier en twintig duisend.
Afrikaans (NLV) 2011 Sibbekai, ’n afstammeling van Gusa, was bevelvoerder van die agtste afdeling, wat die agtste maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.
Afrikaans 1933/1953 Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
Afrikaans 1983 Die agste, vir die agste maand, was Sibbekai, van Gusa uit die Seraggroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die agtste, vir die agtste maand, was Sibbegai, uit Gusa, uit die Seragfamilie. In sy afdeling was daar 24 000 man.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof vir die agste maand was Sibbekai van die stad Gusa. Sibbekai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand.