1 Chronicles 26:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy broers, dapper manne, was tweeduisend-en-sewehonderd familiehoofde, wat koning Dawid aangestel het oor die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasse, vir elke saak van God en sake van die koning.
Afrikaans (NLV) 2011 Jerija het 2 700 bekwame mans uit sy familie gehad. Koning Dawid het hulle na die oostekant van die Jordaanrivier gestuur en in beheer geplaas van die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle was verantwoordelik vir alles wat verband hou met die dinge van God en die diens van die koning.
Afrikaans 1933/1953 en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning.
Afrikaans 1983 Jerija het twee duisend sewe honderd bekwame ampsgenote gehad, almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake wat in verband staan met die diens van God en met die diens aan die koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy familielede was tweeduisend sewehonderd onverskrokke familiehoofde. Koning Dawid het hulle laat toesig hou oor die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse in verband met enige saak aangaande God of die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 2 700 leiers wat familie was van Jerija. Hulle was familiehoofde, en Dawid het hulle gekies en aangestel om te kyk dat die stamme Ruben en Gad en die helfte van die Manasse-stam al die werk reg doen vir God en vir die koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was 2 700 bekwame mans tussen Jerija se mense. Hulle was almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake rakende die diens van God en die koning.