1 Chronicles 26:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Onder die Hebroniete was Jerija, die owerste, onder die Hebroniete, volgens die geslagte van sy vaders. In die veertigste jaar van die regering van Dawid is daar na hulle gesoek, en dapper helde is onder hulle gevind by Jaser in Gílead. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die Hebronfamilie het ook Jerija gekom. Hy was volgens die geslagsregister die leier van die Hebroniete. In die 40ste jaar van Dawid se regering is die rekords ondersoek en bekwame mans van die Hebronfamilie is by Jaser in Gilead gevind. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die Hebroniete was Jería die hoof--daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Jaéser in Gílead-- |
| Afrikaans 1983 | Van die Hebrongroep was Jerija die hoof volgens stamboom en familie. In die veertigste jaar van Dawid se regering is 'n opname van die Hebrongroep gemaak, en daar is in Jaser in Gilead bekwame manne onder hulle gevind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die nakomelinge van Hebron betref: Volgens die familiegeskiedenis van die voorouers, was Jerija die hoof van die nakomelinge van Hebron. In die veertigste jaar van Dawid se regering is ondersoek ingestel, en daar is in Jaser in Gilead onder hulle dapper krygers gevind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jerija was die hoof van die Hebron-familie. Veertig jaar nadat Dawid koning geword het, het hy gesê sy manne moet alles uitvind oor die geslagte en families. Daar was toe baie leiers by die stad Jaser in die land Gilead. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan was daar ook Jerija, die hoof van die Hebrongroep. In die 40ste jaar van Dawid se regering is ’n opname van die Hebrongroep gemaak. Daar is toe in Jaser wat in Gilead lê, uiters bekwame mans gevind. |